- Behoudens die voorskrifte van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit is die Nasionale Kommissaris verantwoordelik vir–
(b) die aanstelling van provinsiale kommissarisse;
(d) die ondersoek en voorkoming van georganiseerde misdaad of misdaad wat nasionale ondersoek en voorkoming of deskundige vaardighede vereis;
en
(k) die instelling en instandhouding van ʼn nasionale polisie-eenheid vir openbare orde, wat ter ondersteuning en op versoek van die Provinsiale Kommissaris ontplooi kan word;
Die wysiging van artikel 219 van die vorige Grondwet deur in subartikel (1) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang:
- Behoudens artikel 218(1) is ʼn Provinsiale Kommissaris verantwoordelik vir–
Die wysiging van artikel 224 van die vorige Grondwet deur die voorbehoudsbepaling by subartikel (2) deur die volgende voorbehoudsbepaling te vervang:
Met dien verstande dat hierdie subartikel ook van toepassing is op lede van enige gewapende mag wat sy personeellys voorgelê het na die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), maar voor die aanname van die nuwe grondwetlike teks soos in artikel 73 van daardie Grondwet beoog, indien die politieke organisasie onder wie se gesag en beheer so ʼn mag is of waarmee hy geassosieer is en wie se oogmerke hy bevorder wel aan die Uitvoerende Oorgangsraad of wel aan die eerste verkiesing van die Nasionale Vergadering en die provinsiale wetgewers kragtens genoemde Grondwet deelgeneem het.
Die wysiging van artikel 227 van die vorige Grondwet deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang:
- Die Nasionale Weermag moet sy bevoegdhede uitoefen en sy werksaamhede verrig uitsluitlik in die nasionale belang ingevolge Hoofstuk 11 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.
deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
- ‘n Staatsdiens, staatsdepartement, administrasie of veiligheidsdiens wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (hieronder “die nuwe Grondwet” genoem),regeringswerksaamhede verrig het, bly ingevolge die wetgewing wat daarop van toepassing is, funksioneer totdat dit afgeskaf word of geïnkorporeer word in of geïntegreer word met enige toepaslike instelling of gerasionaliseer of gekonsolideer word met enige ander instelling.
deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang:
- Die President kan ʼn kommissie aanstel om die sluiting of wysiging van ʼn kontrak, die aanstelling of bevordering, of die toekenning van ʼn beding of voorwaarde van diens of ander voordeel, wat tussen 27 April 1993 en 30 September 1994 geskied het ten opsigte van ʼn persoon bedoel in subartikel (2) of ʼn klas van sodanige persone, te hersien.
- Die kommissie kan ʼn kontrak, aanstelling, bevordering of toekenning tersyde stel of wysig indien dit in die omstandighede van die geval nie behoorlik geskied het nie of nie geregverdig kan word nie.
en
deur “hierdie Grondwet”, waar dit ook al in artikel 236 voorkom, deur
‘die nuwe Grondwet’ te vervang.
(a) Die rasionalisering van alle instansies bedoel in artikel 236(1), uitgesonderd militêre magte bedoel in artikel 224(2), gaan na die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, voort ten einde–
(i) ‘n doeltreffende administrasie in die nasionale regeringsfeer in te stel om met aangeleenthede binne die regsbevoegdheid van die nasionale sfeer te handel; en
(ii) ʼn doeltreffende administrasie vir elke provinsie in te stel om met aangeleenthede binne die regsbevoegdheid van elke provinsiale regering te handel
en
(i) instellings bedoel in artikel 236(1), uitgesonderd militêre magte, berus by die nasionale regering, wat daardie verantwoordelikheid in samewerking met die provinsiale regerings uitoefen;
Die wysiging van artikel 239 van die vorige Grondwet deur subartikel (4) deur die volgende subartikel te vervang:
- Behoudens en ooreenkomstig enige toepaslike wet, gaan die bates, regte, pligte en verpligtinge van alle magte bedoel in artikel 224(2) oor op die Nasionale Weermag ooreenkomstig die voorskrifte van die Minister van Verdediging.