Aanhangsel A: Wysigings van Bylae 2 by die vorige Grondwet

  1. Die vervanging van item 1 deur die volgende item:

    1. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan ʼn verkiesing van die Nasionale Vergadering deelneem, moet kandidate vir sodanige verkiesing benoem op kandidaatlyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.
  2. Die vervanging van item 2 deur die volgende item:

    1. Die setels in die Nasionale Vergadering soos ingevolge artikel 46 van die nuwe Grondwet bepaal, word soos volg gevul:
      1. Een helfte van die setels uit streeklyste deur die onderskeie partye voorgelê, met ʼn vaste getal setels vir elke streek voorbehou soos deur die Kommissie bepaal vir die volgende verkiesing van die Vergadering, met inagneming van beskikbare wetenskaplik gebaseerde gegewens metbetrekking tot kiesers, en vertoë deur belanghebbende partye.
      2. Die ander helfte van die setels uit nasionale lyste deur die onderskeie partye voorgelê, of uit streeklyste waar nasionale lyste nie voorgelê is nie.
  3. Die vervanging van item 3 deur die volgende item:

    1. Die kandidaatlyste wat deur ʼn party voorgelê word, moet gesamentlik die name van hoogstens ʼn getal kandidate gelyk aan die getal setels in die Nasionale Vergadering bevat, en elke sodanige lys moet daardie name in die vaste rangorde van voorkeur wat die party bepaal, aandui.
  4. Die wysiging van item 5 deur die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang:

    1. Die setels bedoel in item 2(a) word per streek toegewys aan die partye wat aan ʼn verkiesing deelneem, soos volg:
  5. Die wysiging van item 6–
    1. deur die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang:

      1. Die setels bedoel in item 2(b) word soos volg aan die partye wat aan ʼn verkiesing deelneem, toegewys:

      en

    2. deur paragraaf (a) deur die volgende paragraaf te vervang:

      (a) ‘n Kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme wat landswyd uitgebring is deur die getal setels in die Nasionale Vergadering plus een te deel, en die resultaat plus een, met weglating van breukdele, is die kwota stemme per setel.

  6. Die wysiging van item 7(3) deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang:

    (b) ‘n Gewysigde kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme wat landswyd uitgebring is, minus die getal stemme wat landswyd ten gunste van die party bedoel in paragraaf (a) uitgebring is, te deel deur die getal setels in die Vergadering plus een, minus die getal setels wat finaal aan bedoelde party ingevolge paragraaf (a) toegewys is.

  7. Die vervanging van item 10 deur die volgende item:

    1. Die getal setels in elke provinsiale wetgewer is soos ingevolge artikel 105 van die nuwe Grondwet bepaal.
  8. Die vervanging van item 11 deur die volgende item:

    1. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan ʼn verkiesing van ʼn provinsiale wetgewer deelneem, moet kandidate vir verkiesing tot so ʼn provinsiale wetgewer benoem op provinsiale lyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.
  9. Die vervanging van item 16 deur die volgende item:

    16. Aanwysing van verteenwoordigers

    1. Nadat die telling van stemme afgehandel is, die getal verteenwoordigers van elke party bepaal is en die verkiesingsuitslag ingevolge artikel 190 van die nuwe Grondwet bekend gemaak is, moet die Kommissie, binne twee dae na sodanige bekendmaking, uit elke kandidaatlys wat ingevolge nasionale wetgewing gepubliseer is, die verteenwoordigers van elke party in die wetgewende liggaam aanwys.\
    2. In opvolging van die aanwysing ingevolge subitem (1), indien ʼn kandidaat se naam op meer as een lys vir die Nasionale Vergadering of lyste vir sowel die Nasionale Vergadering as ʼn provinsiale wetgewer verskyn (indien ʼn verkiesing van die Vergadering en ʼn provinsiale wetgewer tegelyk plaasvind), en so ʼn kandidaat geregtig is op aanwysing as ʼn verteenwoordiger in meer as een geval, moet die party wat daardie lyste voorgelê het, binne twee dae na bedoelde bekendmaking, aan die Kommissie aandui uit watter lys daardie kandidaat aangewys gaan word of in watter wetgewende liggaam die kandidaat gaan dien, na gelang van die geval, in welke geval die kandidaat se naam van die ander lyste geskrap moet word.\
    3. Die Kommissie moet onverwyld die lys van name van verteenwoordigers in die wetgewende liggaam of liggame publiseer.
  10. Die wysiging van item 18 deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang:

    (b) ‘n verteenwoordiger as ʼn vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies aangestel word;

  11. Die vervanging van item 19 deur die volgende item:

    1. Kandidaatlyste van ʼn party bedoel in item 16(1) kan slegs by een geleentheid te eniger tyd gedurende die eerste 12 maande wat volg op die datum waarop die aanwysing van verteenwoordigers ingevolge item 16 afgehandel is, aangevul word ten einde toevallige vakatures te vul: Met dien verstande dat so ʼn aanvulling aan die einde van die lys gemaak moet word.
  12. Die vervanging van item 23 deur die volgende item:

    23. Vakatures

    1. In die geval van ʼn vakature in ʼn wetgewende liggaam waarop hierdie Bylae van toepassing is, vul die party wat die ontruimende lid benoem het die vakature deur ʼn persoon te benoem—
      1. wie se naam verskyn op die kandidaatlys waaruit die ontruimende lid oorspronklik benoem is; en
      2. wat die volgende bevoegde en beskikbare persoon op die lys is.
    2. ʼn Benoeming om ʼn vakature te vul, moet skriftelik aan die Speaker voorgelê word.
    3. Indien ʼn party wat in ʼn wetgewende liggaam verteenwoordig is, ontbind of ophou om te bestaan en die betrokke lede hul setels ontruim uit hoofde van item 23A(1), word die betrokke setels aan die oorblywende partye toegewys mutatis mutandis asof daardie setels ingevolge item 7 of 14, na gelang van die geval, verbeur is.
  13. Die invoeging van die volgende item na item 23:

    23A. Bykomende grond vir verlies van lidmaatskap van wetgewende liggame

    1. ‘n Persoon verbeur lidmaatskap van ʼn wetgewende liggaam waarop hierdie Bylae van toepassing is indien daardie persoon ophou om ʼn lid te wees van die party wat daardie persoon as ʼn lid van die wetgewende liggaam benoem het.
    2. Ondanks subitem (1) kan ʼn bestaande politieke party te eniger tyd sy naam verander.
    3. Binne ʼn redelike tyd nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, kan ʼn Parlementswet ooreenkomstig artikel 76(1) van die nuwe Grondwet aangeneem word om hierdie item en item 23 te wysig om voorsiening te maak vir die wyse waarop dit vir ʼn lid van ʼn wetgewende liggaam wat ophou om ʼn lid te wees van die party wat daardie lid benoem het, moontlik sal wees om lidmaatskap van dié wetgewende liggaam te behou.
    4. ʼn Parlementswet bedoel in subitem (3) kan ook voorsiening maak vir—
      1. ʼn bestaande party om met ʼn ander party saam te smelt; of
      2. ʼn party om in meer as een party te onderverdeel.
  14. Die skrapping van item 24.
  15. Die wysiging van item 25–
    1. deur die omskrywing van “Kommissie” deur die volgende omskrywing te vervang:

      ‘Kommissie’ die Verkiesingskommissie bedoel in artikel 190 van die nuwe Grondwet;

      en

    2. deur die volgende omskrywing na die omskrywing van “nasionale lys” in te voeg:

      ‘nuwe Grondwet’ die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;

  16. Die skrapping van item 26.