‘n Provinsie se billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, is ʼn regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.
[Datum van inwerkingtreding van a. 213: 1 Januarie 1998.]
[Datum van inwerkingtreding van a. 214: 1 Januarie 1998.]
[Datum van inwerkingtreding van a. 215: 1 Januarie 1998.]
Die nasionale tesourie moet nakoming van die maatreëls ingestel ingevolge subartikel (1) afdwing, en kan die oordrag van fondse aan ʼn staatsorgaan staak indien daardie staatsorgaan ʼn ernstige of volgehoue wesenlike oortreding van daardie maatreëls begaan.
[Sub-a. (2) vervang by a. 5(a) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
[Sub-a. (3) gewysig by a. 5(b) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
Nasionale wetgewing moet ʼn raamwerk voorskryf waarbinne die beleid bedoel in subartikel (2) toegepas moet word.
[Sub-a. (3) vervang by a. 6 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
Elke regering moet elke jaar ʼn verslag publiseer oor die waarborge wat hy verstrek het.
[Datum van inwerkingtreding van a. 218: 1 Januarie 1998.]
[Sub-a. (1) vervang by a. 2 van die Vyfde Wysigingswet op die Grondwet van 1999 en vervang by a. 7(a) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
(1A) Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) moet voorsiening maak vir die deelname van– 1. die Premiers by die samestelling van ʼn lys in subartikel (1)(b) beoog; en 1. georganiseerde plaaslike regering by die samestelling van ʼn lys in subartikel (1)(c) beoog.
> [Sub-a. (1A) ingevoeg by a. 7(b) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
{:.note}
Die bevoegdhede en funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is dié wat gebruiklikerwys deur sentrale banke uitgeoefen en verrig word, moet deur ʼn Parlementswet bepaal word en moet uitgeoefen of verrig word behoudens die voorwaardes ingevolge dié Wet voorgeskryf.
[Sub-a. (4) bygevoeg by a. 8 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
[Datum van inwerkingtreding van a. 226: 1 Januarie 1998.]
ʼn Provinsie moet vir homself enige geldmiddele voorsien wat hy ingevolge ʼn bepaling van sy provinsiale grondwet bykomend by sy behoeftes in die Grondwet beoog, nodig het.
[Datum van inwerkingtreding van a. 227: 1 Januarie 1998.]
uniforme bobelasting hef op enige belasting, heffing of reg wat deur nasionale wetgewing opgelê word, uitgesonderd op korporatiewe inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, eiendomsbelasting of doeaneregte.
[Par. (b) vervang by a. 9 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
[Datum van inwerkingtreding van a. 228: 1 Januarie 1998.]
Nasionale wetgewing in hierdie artikel beoog, kan verorden word slegs nadat georganiseerde plaaslike regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige aanbevelings van die Kommissie oorweeg is.
[Datum van inwerkingtreding van a. 229: 1 Januarie 1998.]
Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.
[A. 230 vervang by a. 10 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.
[A. 230A ingevoeg by a. 17 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]